selfgeldend [boodskap #146365] |
Wed, 04 September 2024 15:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
selfgeldend
Afbreking: self•gel•dend
Samestelling: self + geld + -end
Byvoeglike naamwoord: selfgeldend
Attributief: selfgeldende
Betekenis:
• In staat om jouself te laat geld; om jou eie identiteit, oortuigings, standpunte, ens. met selfvertroue te handhaaf.
Gebruik:
• Iemand tree selfgeldend op as hy selfvertroue het, grense stel en weet hoe om nee te sê wanneer dit nodig is.
Afgelei:
• selfgeldendheid
Verwant:
• selfgelding
Vertaling:
Engels: self-assertive
Nederlands: zelf-assertief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|