komplot [boodskap #146358] |
Tue, 03 September 2024 12:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
komplot
Afbreking: kom•plot
Selfstandige naamwoord: komplot
Meervoud: komplotte
Verkleinwoord: komplotjie
Meervoud van verkleining: komplotjies
Betekenis:
• 'n Geheime plan om 'n slegte ding te doen.
Gebruik:
• My vyande sweer saam teen my, dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my. [Psalms 71:10]
Sinoniem:
• geknoei
• gekonkel
• knoeiery
• konjurasie
• konkelary
• samespanning
• sameswering
Afgelei:
• komplotteer
• teenkomplot
Vertaling:
Engels: plot, conspiracy, intrigue
Nederlands: complot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|