niksvermoedend [boodskap #146356] |
Tue, 03 September 2024 11:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
niksvermoedend
Afbreking: niks•ver•moe•dend
Samestelling: niks + vermoed + -end
Byvoeglike naamwoord: niksvermoedend
Attributief: niksvermoedende
Betekenis:
• Wat niks vermoed nie; nie van die gevaar bewus is nie.
Gebruik:
• Die bokkie het nie die leeu gesien nie en het niksvermoedend na die watergat gestap.
Sinoniem:
• argeloos
• doodkalm
• doodluiters
• goedgelowig
• houtgerus
• luiters
• onbewus
• perdgerus
Vertaling:
Engels: unsuspecting
Nederlands: nietsvermoedend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|