diepgewortel [boodskap #146355] |
Tue, 03 September 2024 11:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diepgewortel
Afbreking: diep•ge•wor•tel
Samestelling: diep + gewortel
Byvoeglike naamwoord: diepgewortel, diepgeworteld
Attributief: diepgewortelde
Betekenis:
• Met diep wortels, meestal figuurlik, wat al vir 'n lang tyd deel van die kern van iets is.
Gebruik:
• Korrupsie is 'n diepgewortelde probleem wat nie oornag opgelos kan word nie.
Wisselvorm:
• diepgeworteld
Sinoniem:
• chronies
• diepliggend
• gevestig
• ingeburger
• ingewortel
Antoniem:
• oppervlakkig
Vertaling:
Engels: deep-rooted, inherent
Nederlands: diepgeworteld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|