groeipyn [boodskap #146351] |
Tue, 03 September 2024 09:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
groeipyn
Afbreking: groei•pyn
Samestelling: groei + pyn
Selfstandige naamwoord: groeipyn
Meervoud: groeipyne
Verkleinwoord: groeipyntjie
Meervoud van verkleining: groeipyntjies
Betekenis:
• 'n Spierpyn in die bene of arms van groeiende kinders wat veral saans en snags voorkom.
• (figuurlik) 'n Probleem wat tydens die aanvang of begin van iets ontstaan.
Gebruik:
• Groeipyne is meestal skadeloos, maar soek mediese raad indien dit ernstig is of met ander simptome saamgaan.
• Toe die fabriek oopgemaak het was daar baie groeipyne, maar produksie verloop tans sonder probleme.
Vertaling:
Engels: growing pain
Nederlands: groeipijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|