wete [boodskap #146350] |
Sun, 01 September 2024 19:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wete
Afbreking: we•te
Selfstandige naamwoord: wete
Meervoud: –
Betekenis:
• Die kennis wat 'n mens van iets het.
• Naamlik (in die vaste uitdrukking te wete).
Gebruik:
• Hy het dit sonder my wete gedoen. Dit is na my beste wete die reine waarheid.
• Daar is drie primêre kleure, te wete blou, groen en rooi.
Sinoniem:
• begrip
• besef
• bewussyn
• insig
• kennis
Hiponiem:
• beswete
• beterwete
• medewete
Vertaling:
Engels: knowledge; namely
Nederlands: wete
Werkwoord: te wete kom
Betekenis:
• Om kennis in te win.
Gebruik:
• Waar kan ek meer te wete kom?
Sinoniem:
• agterkom
• leer
• wysword
Vertaling:
Engels: to learn more
Nederlands: te weten komen
Nota:
• Onbepaalde wys van weet.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|