jeugverhaal [boodskap #146344] |
Sun, 01 September 2024 09:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jeugverhaal
Afbreking: jeug•ver•haal
Samestelling: jeug + verhaal
Selfstandige naamwoord: jeugverhaal
Meervoud: jeugverhale
Verkleinwoord: jeugverhaaltjie
Meervoud van verkleining: jeugverhaaltjies
Betekenis:
• 'n Verhaal/ storie vir jongmense.
Gebruik:
• Die suksesresep vir 'n jeugverhaal is 'n interessante storie, karakters waarmee jong lesers kan identifiseer en taalgebruik so uit die mond van 'n tiener.
Sinoniem:
• kinderverhaal
Hiperoniem:
• jeuglektuur
Vertaling:
Engels: childhood story
Nederlands: jeugdverhaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|