pasteurisasie [boodskap #146316] |
Thu, 29 August 2024 09:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pasteurisasie
Afbreking: pas•teu•ri•sa•sie
Selfstandige naamwoord: pasteurisasie
Meervoud: pasteurisasies
Betekenis:
• Proses waartydens kieme in 'n vloeistof (soos melk of bier) doodgemaak word deur die vloeistof vinnig (tot ±70°C) te verhit en af te koel.
Gebruik:
• Pasteurisasie, in teenstelling tot sterilisasie, vernietig nie al die mikro-organismes nie, maar verminder dit tot 'n veilig vlak en verleng sodoende die raklewe sonder om die produk te denatureer.
Sinoniem:
• pasteurisering
Vertaling:
Engels: pasteurisation, pasteurization
Nederlands: pasteurisatie
Nota:
• Afgelei van die 19de-eeuse Franse bioloog, Louis Pasteur, se van met die agtervoegsel "-isasie".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|