vooraan [boodskap #146291] |
Mon, 26 August 2024 18:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vooraan
Afbreking: voor•aan
Samestelling: voor + aan
Bywoord: vooraan
Betekenis:
• Wat aan die voorkant (heel voor) is.
Gebruik:
• Vooraan is die sangers, daarna dié met snaarinstrumente tussen jongmeisies wat tamboeryne slaan. [Psalms 68:26]
Sinoniem:
• vorentoe
• voor
Antoniem:
• agteraan
Afgelei:
• vooraansig
• vooraanstaande
Vertaling:
Engels: in front, in the forefront
Nederlands: vooraan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|