akklimatiseer [boodskap #146285] |
Mon, 26 August 2024 16:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
akklimatiseer
Afbreking: ak•kli•ma•ti•seer
Samestelling: ak- + klimaat + -iseer
Werkwoord: akklimatiseer
Verlede tyd: het geakklimatiseer
Betekenis:
• Om aan 'n ander klimaat of omgewing gewoond te raak.
Gebruik:
• Die hervestigde bokke akklimatiseer eers in 'n kamp voordat hulle vrygelaat word.
Sinoniem:
• aanpas
Afgelei:
• akklimatisasie
• akklimatisering
Vertaling:
Engels: to acclimatise, acclimatize
Nederlands: acclimatiseren
Nota:
• Die Latynse voorvoegsel "ak-" beteken "na, tot, vir".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|