tuismaak [boodskap #146274] |
Sun, 25 August 2024 09:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tuismaak
Afbreking: tuis•maak
Samestelling: tuis + maak
Werkwoord: maak tuis, tuismaak
Verlede tyd: het tuisgemaak
Betekenis:
• Om op 'n plek te ontspan (asof dit jou eie huis is).
Gebruik:
• Die ongenooide gas maak hom toe sommer op ons rusbank tuis.
• 'n Voëltjie het hom in die huis se dak tuisgemaak.
Sinoniem:
• nestel
Verwant:
• tuisraak
Vertaling:
Engels: to make oneself at home
Nederlands: thuismaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|