deurmaak [boodskap #146262] |
Sa, 24 Augustus 2024 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20777 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deurmaak
Afbreking: deur•maak
Samestelling: deur + maak
Werkwoord: maak deur, deurmaak
Verlede tyd: het deurgemaak
Betekenis:
• Om iets te beleef of te verduur.
Gebruik:
• Ek wil nie hê my kinders moet deurmaak wat ek deurgemaak het nie.
Spreekwoord:
• Baie lief en leed deurmaak. [Voor- en teenspoed beleef.]
Sinoniem:
• beleef
• belewe
• deurgaan
• deurstaan
• ervaar
• meemaak
• ondergaan
• ondervind
• uithou
• verduur
Vertaling:
Engels: to go through, experience, survive
Nederlands: doormaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|