Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kompulsief
kompulsief [boodskap #146254] Vr, 23 Augustus 2024 19:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20778
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kompulsief
Afbreking: kom•pul•sief
Samestelling: kompulsie + -ief


Byvoeglike naamwoord: kompulsief
Vergrotende trap: kompulsiewer
Oortreffende trap: kompulsiefste
Attributief: kompulsiewe

Betekenis:
• Gekenmerk deur kompulsie. Met 'n onweerstaanbare drang om iets te doen; sonder beheer oor jouself.

Gebruik:
• Hy drink kompulsief.
• Sy is 'n kompulsiewe leuenaar.

Sinoniem:
• dwangmatig
• dwingend
• gedrewe
• verslaaf

Afgelei:
• obsessief-kompulsief

Vertaling:
Engels: compulsive
Nederlands: compulsief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwesbaarheid
Volgende onderwerp: modernisering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 13:22:47 MGT 2024