gevorderd [boodskap #146239] |
Do, 22 Augustus 2024 18:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gevorderd
Afbreking: ge•vor•derd
Samestelling: ge- + vorder + -d
Byvoeglike naamwoord: gevorder, gevorderd
Vergrotende trap: meer gevorderd, gevorderder
Oortreffende trap: mees gevorderde, gevorderdste
Attributief: gevorderde
Betekenis:
• Wat ver gevorder/ ontwikkel het.
Gebruik:
• Met die verloop van tyd het industrieë tegnologies meer gevorderd geword.
• Oupa het eers op 'n gevorderde leeftyd begin gholf speel.
Sinoniem:
• gesofistikeerd
• futuristies
• toonaangewend
Afgelei:
• gevorderdheid
• vergevorderd
Vertaling:
Engels: advanced
Nederlands: gevorderd
Nota:
• Voltooide deelwoord van vorder.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|