klaarkry [boodskap #146231] |
Do, 22 Augustus 2024 08:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klaarkry
Afbreking: klaar•kry
Samestelling: klaar + kry
Werkwoord: kry klaar, klaarkry
Verlede tyd: het klaargekry
Betekenis:
• Om 'n taak te voltooi; klaar te maak.
Gebruik:
• Probeer eerder om die swaarkry met lekkerkry klaar te kry.
• Hulle het eers laat die aand klaargekry.
Sinoniem:
• afhandel
• gereedmaak
• klaarkom
• klaarmaak
• regkry
• voltooi
Vertaling:
Engels: to finish
Nederlands: klaarkrijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|