middeldeur [boodskap #146228] |
Wo, 21 Augustus 2024 18:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
middeldeur
Afbreking: mid•del•deur
Samestelling: middel + deur
Bywoord: middeldeur
Betekenis:
• In twee (min of meer) ewe groot stukke.
Gebruik:
• Sy sny die tamatie middeldeur.
Spreekwoord:
• Hy kyk my middeldeur. [Iemand in woede aankyk.]
Afgelei:
• middeldeursnee
Vertaling:
Engels: in half, in two
Nederlands: middendoor, doormidden
Selfstandige naamwoord: middeldeur
Meervoud: middeldeure
Verkleinwoord: middeldeurtjie
Meervoud van verkleining: middeldeurtjies
Betekenis:
• (ongewoon) 'n Deur tussen twee vertrekke.
Gebruik:
• Sy maak die buitedeur toe en die middeldeur oop.
Sinoniem:
• binnedeur
Vertaling:
Engels: middle door
Nederlands: middelste deur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|