loon [boodskap #146225] |
Wo, 21 Augustus 2024 15:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loon
Afbreking: loon
Selfstandige naamwoord: loon
Meervoud: lone
Verkleinwoord: loontjie
Meervoud van verkleining: loontjies
Betekenis:
• Betaling/ vergoeding/ beloning vir werk gelewer.
• Dit wat iemand toekom.
Gebruik:
• Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie. [Levitikus 19:13]
• Want die loon van die sonde is die dood. [Romeine 6:23]
Sinoniem:
• beloning
• besoldiging
• betaling
• inkomste
• salaris
• soldy
• verdienste
• vergoeding
Hiponiem:
• aansporingsloon
• arbeidsloon
• bergloon
• bodeloon
• dagloon
• grondloon
• heffingsloon
• hongerloon
• huurloon
• inkassoloon
• jaarloon
• judasloon
• karweiloon
• knegsloon
• kruiersloon
• maakloon
• makelaarsloon
• minimumloon
• siekeloon
• sleeploon
• standaardloon
• stuwadoorsloon
• stukloon
• taakloon
• tydloon
• uittreeloon
• uurloon
• werkloon
Afgelei:
• loonadministrasie
• loonaksie
• loonarbeid
• loonarbeider
• looneis
• loonfonds
• loongeld
• loongeskil
• loongradering
• loonkaart
• loonklerk
• loonkromme
• loonlys
• loonooreenkoms
• loonopname
• loonraad
• loonreëling
• loonskaal
• loonslaaf
• loonstaat
• loonstaking
• loonstandaard
• loonstilstand
• loonstruktuur
• loonstryd
• loonverdeling
• loonsvermindering
• loonsverhoging
• loontrekkend
• loontrekker
• loonvasstelling
• loonverhoging
• loonwet
Vertaling:
Engels: wage, salary, pay; reward
Nederlands: loon
Werkwoord: loon
Verlede tyd: het geloon
Betekenis:
• Om te vergoed.
Gebruik:
• Misdaad loon nie.
Afgelei:
• beloon
Vertaling:
Engels: to pay, reward
Nederlands: lonen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|