neerstort [boodskap #146221] |
Wo, 21 Augustus 2024 09:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
neerstort
Afbreking: neer•stort
Samestelling: neer + stort
Werkwoord: stort neer, neerstort
Verlede tyd: het neergestort
Betekenis:
• Om met mening ondertoe te val.
Gebruik:
• Die reën stort in vlae neer.
• Die vliegtuig het in 'n beboude gebied neergestort.
Sinoniem:
• ineenstort
• inmekaarsak
• instort
• intuimel
• neerkom
• neerslaan
• neerplof
• neerval
Afgelei:
• neerstorting
Vertaling:
Engels: to fall down, crash down, collapse
Nederlands: neerstorten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|