mediasensasie [boodskap #146216] |
Wed, 21 August 2024 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mediasensasie
Afbreking: me•di•a•sen•sa•sie
Samestelling: media + sensasie
Selfstandige naamwoord: mediasensasie
Meervoud: mediasensasies
Betekenis:
• Iets of iemand wat 'n opskudding in die media veroorsaak.
Gebruik:
• Die brak het oornag 'n mediasensasie op sosiale media geword nadat verskeie video's van hom op TikTok gedeel is.
Sinoniem:
• beroemdheid
• superster
Vertaling:
Engels: media sensation
Nederlands: mediasensatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|