Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uier
uier [boodskap #146213] Mon, 19 August 2024 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die uier van 'n koei.
Die uier van 'n koei.
uier
Afbreking: ui•er


Selfstandige naamwoord: uier
Meervoud: uiers
Verkleinwoord: uiertjie
Meervoud van verkleining: uiertjies

Betekenis:
• Die melkklier van 'n herkouer (soos 'n bok, skaap of bees), sigbaar as 'n sak onder die buik.

Gebruik:
• Voordat die koei gemelk word, word die spene en die uier met lopende water gewas.

Afgelei:
• blinkuier
• blou-uier
• uierholte
• uierinfeksie
• uierontsteking
• uiersalf
• uiersiekte
• uiersweer
• uierswelling

Vertaling:
Engels: udder
Nederlands: uier


Werkwoord: uier
Verlede tyd: het geuier

Betekenis:
• (ongewoon) Om dragtig te wees.

Gebruik:
• Die bok is besig om te uier.

Verwant:
• grootuier

Vertaling:
Engels: to be pregnant
Nederlands: zwanger zijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leegmelk
Volgende onderwerp: tariefverhoging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 16:43:42 UTC 2024