toevertrou [boodskap #146204] |
Sun, 18 August 2024 19:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toevertrou
Afbreking: toe•ver•trou
Samestelling: toe + vertrou
Werkwoord: toevertrou
Verlede tyd: het toevertrou
Betekenis:
• Om iets met vertroue in iemand se sorg te plaas.
Gebruik:
• Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. [1 Petrus 5:2]
Spreekwoord:
• Die hoenders aan die jakkals toevertrou. ['n Onskuldige persoon aan die genade van 'n skurk oorlaat.]
Afgelei:
• toevertrouing
Vertaling:
Engels: to entrust
Nederlands: toevertrouwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|