lewensstyl [boodskap #146194] |
Sat, 17 August 2024 11:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewensstyl
Afbreking: le•wens•styl
Samestelling: lewens + styl
Selfstandige naamwoord: lewensstyl
Meervoud: lewensstyle
Betekenis:
• Die manier hoe 'n persoon (of 'n groep) lewe.
Gebruik:
• Selfone het mense se lewensstyl drasties verander.
• Met die swak ekonomiese toestande sal ons ons lewensstyl moet afskaal.
Wisselvorm:
• lewenstyl
Sinoniem:
• leefstyl
• leefwyse
• lewenswyse
Afgelei:
• lewenstylgemeenskap
Vertaling:
Engels: lifestyle
Nederlands: levensstijl
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|