bloedvint [boodskap #146187] |
Vr, 16 Augustus 2024 17:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedvint
Afbreking: bloed•vint
Samestelling: bloed + vint
Selfstandige naamwoord: bloedvint
Meervoud: bloedvinte
Betekenis:
• 'n Pynlike puisie, aanvanklik 'n rooi knop wat later met geel etter vul, gewoonlik om 'n haarsakkie of huidkliertjie.
Gebruik:
• Bloedvinte kom meestal op klam areas van die lyf voor, soos onder die arms, in die lieste en agter die nek.
Wisselvorm:
• bloedvin
Sinoniem:
• abses
• bloedsweer
• pitsweer
Verwant:
• negeoog
Vertaling:
Engels: boil, furuncle
Nederlands: steenpuist, furunkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|