paroolaansoeker [boodskap #146178] |
Fri, 16 August 2024 08:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paroolaansoeker
Afbreking: pa•rool•aan•soe•ker
Samestelling: parool + aansoeker
Selfstandige naamwoord: paroolaansoeker
Meervoud: paroolaansoekers
Betekenis:
• 'n Gevangene wat om parool (voortydige vrylating) aansoek doen.
Gebruik:
• Die regte van die paroolaansoeker moet in aanmerking geneem word, maar so ook die belange van die gemeenskap en slagoffers.
Vertaling:
Engels: parole applicant
Nederlands: aanvrager voor vrijlating
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|