garde [boodskap #146163] |
Wed, 14 August 2024 18:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
garde
Afbreking: gar•de
Selfstandige naamwoord: garde
Meervoud: gardes
Betekenis:
• 'n Aantal mense wat iets in gemeen het of uit dieselfde generasie kom.
• (verouderd) 'n Lyfwag van krygsmanne.
Gebruik:
• Die ouer garde moet die jonger garde touwys maak.
• Die koning se garde het gedros.
Sinoniem:
• keurbende
• lyfwag
• troepewag
Hiponiem:
• lyfgarde
Afgelei:
• gardeoffisier
• garderegiment
Vertaling:
Engels: guard; generation
Nederlands: garde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|