nering [boodskap #146161] |
Wo, 14 Augustus 2024 17:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nering
Afbreking: ne•ring
Selfstandige naamwoord: nering
Meervoud: neringe, nerings
Betekenis:
• Iemand se beroep. Dit waarmee jy jou brood verdien.
Gebruik:
• Neef, wat is jou nering?
Spreekwoord:
• Die tering na die nering sit. [Om die uitgawes na die inkomste te reël.]
• Elkeen is 'n dief in sy nering. [Elkeen sorg eerste vir homself.]
Sinoniem:
• ambag
• bedryf
• beroep
• broodwinning
• handel
• métier
• professie
• roeping
• vakgebied
• werk
Afgelei:
• neringdoende
• neringloos
Vertaling:
Engels: trade, occupation
Nederlands: nering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|