skrifgeleerde [boodskap #146155] |
Wed, 14 August 2024 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrifgeleerde
Afbreking: skrif•ge•leer•de
Samestelling: skrif + geleerde
Selfstandige naamwoord: skrifgeleerde
Meervoud: skrifgeleerdes
Betekenis:
• Iemand met 'n groot kennis van heilige geskrifte (soos die Bybel).
Gebruik:
• Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. [Matteus 23:2]
Sinoniem:
• Bybelkenner
• Bybelverklaarder
• dominee
• godgeleerde
• predikant
• teoloog
Vertaling:
Engels: someone versed in Holy Scripture, scribe
Nederlands: schriftgeleerde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|