kwaadpratery [boodskap #146150] |
Wed, 14 August 2024 10:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwaadpratery
Afbreking: kwaad•pra•te•ry
Samestelling: kwaadpraat + -ery, kwaad + pratery
Selfstandige naamwoord: kwaadpratery
Meervoud: kwaadpraterye
Betekenis:
• Om slegte dinge van ander te sê. Die verspreiding van negatiewe stories oor iets of iemand.
Gebruik:
• Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. [Matteus 15:19]
Sinoniem:
• beswaddering
• kwaadpratery
• kwaadstokery
• laster
Vertaling:
Engels: slander, backbiting
Nederlands: kwaadsprekerij, achterklap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|