peilbaar [boodskap #146145] |
Wed, 14 August 2024 08:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
peilbaar
Afbreking: peil•baar
Samestelling: peil + -baar
Byvoeglike naamwoord: peilbaar
Vergrotende trap: peilbaarder
Oortreffende trap: peilbaarste
Attributief: peilbare
Partitief: peilbaars
Betekenis:
• Wat gepeil (gemeet en verstaan) kan word.
Gebruik:
• Daar skuil 'n monster in hom met 'n boosheid wat kwalik peilbaar is.
Sinoniem:
• bepaalbaar
• berekenbaar
• kenbaar
• meetbaar
• verstaanbaar
Antoniem:
• onpeilbaar
Vertaling:
Engels: fathomable, measurable
Nederlands: peilbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|