Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deurtrek
deurtrek [boodskap #146134] Tue, 13 August 2024 11:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurtrek
Afbreking: deur•trek
Samestelling: deur + trek


Werkwoord: trek deur, deurtrek
Verlede tyd: het deurgetrek

Betekenis:
• Om deur 'n opening te trek.
• Om deur 'n gebied van een plek na 'n ander te trek.
• Om heeltemal te deurdring.
• Om te red.

Gebruik:
• Ouma trek die garing deur die naald.
• Hy het die see oopgekloof en hulle laat deurtrek. [Psalms 78:13]
• 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. [Galasiërs 5:9]
• Die pasiënt het naby die dood omgedraai, maar die dokter het hom deurgetrek.

Sinoniem:
• deurdrenk
• deurdring
• deurgaan
• deurnat
• deurryg
• deurspek
• deurweek
• impregneer
• satureer

Afgelei:
• deurtrekbaar
• deurtrekdraad
• deurtrekker
• deurtrekking
• deurtrekpapier

Vertaling:
Engels: to pull through; to move through; to soak through; to save
Nederlands: doortrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dragtig
Volgende onderwerp: doodkap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 16:05:56 UTC 2024