maagkoors [boodskap #146129] |
Mon, 12 August 2024 14:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maagkoors
Afbreking: maag•koors
Samestelling: maag + koors
Selfstandige naamwoord: maagkoors
Meervoud: –
Betekenis:
• Siekte veroorsaak deur die bakterie Salmonella typhii, gekenmerk deur hewige steuring van die ingewande, uitslag oor die maag en liggaamlike uitputting.
Gebruik:
• D.J. Opperman het op elfjarige ouderdom by die dood omgedraai nadat hy maagkoors opgedoen het.
Sinoniem:
• buiktifus
• ingewandskoors
• tifoïed
• tifoïde
Vertaling:
Engels: gastric fever, intestinal fever
Nederlands: maagkoorts, buikkoorts, intestinale koorts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|