televisiestel [boodskap #146123] |
Ma, 12 Augustus 2024 09:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
televisiestel
Afbreking: te•le•vi•sie•stel
Samestelling: televisie + stel
Selfstandige naamwoord: televisiestel
Meervoud: televisiestelle
Verkleinwoord: televisiestelletjie
Meervoud van verkleining: televisiestelletjies
Betekenis:
• 'n Elektroniese toestel waarop 'n mens bewegende beelde kan sien en klanke kan hoor wat uitgesaai word.
Gebruik:
• As jy 'n televisiestel het moet jy 'n TV-lisensie hê, ongeag of jy TV kyk of nie.
Hiponiem:
• kleurtelevisiestel
• swart-en-wit-televisiestel
Sinoniem:
• beeldradio
• kassie
• kykkas
• TV-stel
Vertaling:
Engels: television set
Nederlands: televisiestel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|