toestem [boodskap #146105] |
So, 11 Augustus 2024 09:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toestem
Afbreking: toe•stem
Samestelling: toe + stem
Werkwoord: stem toe, toestem
Verlede tyd: het toegestem
Betekenis:
• Om iets goed te keur, of tot iets in te stem.
Gebruik:
• Aanranding is 'n oortreding, maar 'n bokser kan toestem dat sy opponent hom aanrand.
Sinoniem:
• endosseer
• instem
• inwillig
• magtig
• toelaat
• toestaan
• vergun
Antoniem:
• afkeur
• weier
Afgelei:
• toestemmend
• toestemming
Vertaling:
Engels: to consent, grant, agree
Nederlands: toestemmen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|