inhegtenisname [boodskap #146101] |
So, 11 Augustus 2024 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inhegtenisname
Afbreking: in•heg•te•nis•na•me
Samestelling: in + hegtenis + name (neming)
Selfstandige naamwoord: inhegtenisname
Meervoud: inhegtenisnames
Betekenis:
• Die handeling van in hegtenis neem.
Gebruik:
• Die gearresteerde persoon moet binne 48 uur ná sy inhegtenisname voor 'n hof gebring word.
Wisselvorm:
• inhegtenisneming
Sinoniem:
• arrestasie
• gevangeneming
• opsluiting
Antoniem:
• vrylating
Vertaling:
Engels: apprehension, arrest
Nederlands: inhechtenisneming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|