tuinmaak [boodskap #146056] |
Mon, 05 August 2024 17:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tuinmaak
Afbreking: tuin•maak
Samestelling: tuin + maak
Werkwoord: maak tuin, tuinmaak
Verlede tyd: het tuingemaak
Betekenis:
• Om blomme, groente, ens. te kweek, te plant en te versorg.
Gebruik:
• 'n Mens moet voor die lente begin tuinmaak.
Vertaling:
Engels: to garden, work in the garden
Nederlands: tuinieren
Selfstandige naamwoord: tuinmaak
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van blomme en groente kweek.
Gebruik:
• Hy hou nie van tuinmaak nie.
Sinoniem:
• hortologie
• tuinbou
• tuinmakery
• tuinwerk
Vertaling:
Engels: gardening
Nederlands: tuinieren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|