Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitleg
uitleg [boodskap #146052] Mon, 05 August 2024 15:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitleg
Afbreking: uit•leg
Samestelling: uitleg


Selfstandige naamwoord: uitleg
Meervoud: uitlegte
Verkleinwoord: uitleggie
Meervoud van verkleining: uitleggies

Betekenis:
• Die verduideliking of verklaring van 'n saak.
• Die manier hoe iets uiteengesit/ uitgelê is.

Gebruik:
• Daar het ons in een en dieselfde nag 'n droom gehad, elkeen sy eie droom met sy eie uitleg. [Genesis 41:11]
• Al die huise in die kompleks het dieselfde uitleg.

Sinoniem:
• eksegese
• interpretasie
• verduideliking
• verklaring
• vertolking
• bloudruk
• meesterplan
• ontwerp
• plasing
• strukturering
• uiteensetting

Hiponiem:
• droomtuitleg
• teksuitleg

Afgelei:
• uitlegger
• uitlegging
• uitlegkunde
• uitlegkundig
• uitlegkundige
• uitlegplan

Vertaling:
Engels: explanation, meaning; layout, plan
Nederlands: uitleg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: befoeterd
Volgende onderwerp: bekombaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 20:36:29 UTC 2024