ketelmaker [boodskap #146045] |
Sun, 04 August 2024 17:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ketelmaker
Afbreking: ke•tel•ma•ker
Samestelling: ketel + maker
Selfstandige naamwoord: ketelmaker
Meervoud: ketelmakers
Verkleinwoord: ketelmakertjie
Meervoud van verkleining: ketelmakertjies
Betekenis:
• 'n Ambagsman wat stoomketels (en ander groot houers vir gas of vloeistof) vervaardig en herstel.
Gebruik:
• Hy wil as 'n ketelmaker begin werk nadat hy sy internskap voltooi het.
Sinoniem:
• ketelsmid
Afgelei:
• ketelmakershamer
• ketelmakerskram
• ketelmakery
Vertaling:
Engels: boiler maker
Nederlands: ketelmaker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|