instorm [boodskap #146042] |
Sun, 04 August 2024 10:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
instorm
Afbreking: in•storm
Samestelling: in + storm
Werkwoord: instorm
Verlede tyd: het ingestorm
Betekenis:
• Om met krag of spoed na die binnekant te gaan.
Gebruik:
• 'n Onbekende man het by die winkel ingestorm en skote afgevuur.
Sinoniem:
• inbars
• inhardloop
• inhol
• injaag
• invlieg
Afgelei:
• instorming
Vertaling:
Engels: to rush in
Nederlands: instormen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|