kreng [boodskap #146035] |
Sun, 04 August 2024 08:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kreng
Afbreking: kreng
Werkwoord: kreng
Verlede tyd: het gekreng
Betekenis:
• Om 'n vaartuig te laat oorleun/ oorhel.
Gebruik:
• Die boot word in die droogdok vir herstelwerk gekreng.
Sinoniem:
• kiel
• kielhaal
• platlê
Vertaling:
Engels: to careen, keel
Nederlands: krengen
Selfstandige naamwoord: kreng
Meervoud: krenge
Betekenis:
• 'n Dooie dier in 'n staat van ontbinding.
• 'n Uitskelwoord; vabond.
Gebruik:
• Die visse vreet die kreng van diertjies wat in die water beland.
• Hoe sedig sit hy, o die kreng! [Muskietejag, A.D. Keet]
Wisselvorm:
• kring
Sinoniem:
• aas
• kadawer
• lyk
Vertaling:
Engels: cadaver, carrion, corpse; bitch
Nederlands: kreng
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|