Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opvang
opvang [boodskap #146029] Sat, 03 August 2024 11:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
opvang
Afbreking: op•vang
Samestelling: op + vang


Werkwoord: vang op, opvang
Verlede tyd: het opgevang

Betekenis:
• Om te versamel of op te gaar.
• Om 'n sein te onderskep (soos vir radio of TV).

Gebruik:
• Hulle vang reënwater op om die tuin mee nat te lei.
• Die tweerigtingradio het nie daar opgevang nie.

Sinoniem:
• opdam
• opgaar
• onderskep
• versamel

Afgelei:
• opvangbak
• opvangdam
• opvangdraad
• opvanggebied
• opvangput
• opvangreservoir
• opvangriool
• opvangstel
• opvangtenk
• opvangtoestel

Verwant:
• opvanger
• opvanging
• opvangs

Vertaling:
Engels: to catch, intercept
Nederlands: opvang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lemoenboom
Volgende onderwerp: weglating
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 20:27:42 UTC 2024