suurlemoenboom [boodskap #146027] |
Sat, 03 August 2024 10:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suurlemoenboom
Afbreking: suur•le•moen•boom
Samestelling: suurlemoen + boom
Selfstandige naamwoord: suurlemoenboom
Meervoud: suurlemoenbome
Verkleinwoord: suurlemoenboompie
Meervoud van verkleining: suurlemoenboompies
Betekenis:
• 'n Immergroen sitrusboom, inheems aan Asië, wat suurlemoene dra, Citrus limon.
Gebruik:
• Die suurlemoenboom is oortrek met vrugte.
Vertaling:
Engels: lemon tree
Nederlands: citroenboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|