basuin [boodskap #146025] |
Sat, 03 August 2024 09:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
basuin
Afbreking: ba•suin
Selfstandige naamwoord: basuin
Meervoud: basuine
Betekenis:
• 'n Lang, reguit blaasinstrument met 'n sterk klank (die voorloper van die trompet).
Gebruik:
• Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? [Joël 2:15]
Spreekwoord:
• Jou eie basuin blaas [Jou eie roem verkondig.]
Sinoniem:
• blaashoring
• ramshoring
Hiponiem:
• krygsbasuin
• oorlogsbasuin
Afgelei:
• basuinblaser
• basuingeklank
• basuingeskal
Verwant:
• rondbasuin
• uitbasuin
Vertaling:
Engels: buisine, mediaeval trumpet
Nederlands: bazuin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|