graankorrel [boodskap #146024] |
Sat, 03 August 2024 09:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
graankorrel
Afbreking: graan•kor•rel
Samestelling: graan + korrel
Selfstandige naamwoord: graankorrel
Meervoud: graankorrels
Verkleinwoord: graankorreltjie
Meervoud van verkleining: graankorreltjies
Betekenis:
• Die saad van graan soos koring, mielies, gars en rys.
Gebruik:
• Jesus het gesê: "Ek verseker julle, as 'n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy baie vrug op."
Vertaling:
Engels: grain of wheat
Nederlands: graankorrel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|