sedig [boodskap #146022] |
Sat, 03 August 2024 08:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sedig
Afbreking: se•dig
Byvoeglike naamwoord: sedig
Vergrotende trap: sediger
Oortreffende trap: sedigste
Attributief: sedige
Partitief: sedigs
Betekenis:
• Wat beskeie en stemmig is.
Gebruik:
• Sondag sit die stout kinders al te sedig in die kerk.
Spreekwoord:
• Geen skoner gewaad as 'n sedige gelaat. [Jy kan aan iemand se gesig sien of hy 'n goeie karakter het.]
Vergelyking:
• So sedig soos 'n predikant.
Sinoniem:
• bedees
• beskeie
• eerbaar
• ingetoë
• skamerig
• skugter
• stemmig
• vroom
Antoniem:
• onsedig
Afgelei:
• sedigheid
• skynsedig
Vertaling:
Engels: well-behaved, modest, retiring, demure, coy
Nederlands: zedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|