borrelsiekte [boodskap #146011] |
Fri, 02 August 2024 09:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
borrelsiekte
Afbreking: bor•rel•siek•te
Samestelling: borrel + siekte
Selfstandige naamwoord: borrelsiekte
Meervoud: –
Betekenis:
• Dodelike siekte veroorsaak deur borreltjies stikstof wat by dekompressie in die bloed ontstaan.
Gebruik:
• Duikers wat te vinnig uit diep water na die oppervlak kom kan borrelsiekte opdoen.
Sinoniem:
• caissonsiekte
• dekompressiesiekte
• duikersiekte
Vertaling:
Engels: caisson disease
Nederlands: caissonziekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|