borrel [boodskap #146007] |
Fri, 02 August 2024 08:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
borrel
Afbreking: bor•rel
Werkwoord: borrel
Verlede tyd: het geborrel
Betekenis:
• Om lugblasies te vorm.
Gebruik:
• Gaskoeldrank borrel as jy die prop oopdraai.
Sinoniem:
• kaviteer
Afgelei:
• borrelend
• borreling
• opborrel
• oorborrel
• uitborrel
Vertaling:
Engels: to bubble
Nederlands: borrelen
Selfstandige naamwoord: borrel
Meervoud: borrels
Verkleinwoord: borreltjie
Meervoud van verkleining: borreltjies
Betekenis:
• 'n Blasie gas in 'n vloeistof.
Gebruik:
• Draai die waterpas totdat die borrel in die middel is.
Sinoniem:
• bel
• gasblasie
• lugbel
• lugblasie
• lugborrel
• seepbel
Afgelei:
• borrelgom
• borrelsiekte
• borrelvink
Vertaling:
Engels: bubble
Nederlands: borrel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|