opvanggebied [boodskap #145963] |
Sun, 28 July 2024 09:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opvanggebied
Afbreking: op•vang•ge•bied
Samestelling: opvang + gebied
Selfstandige naamwoord: opvanggebied
Meervoud: opvanggebiede
Betekenis:
• Gebied waaruit 'n rivier en sy sytakke water kry.
Gebruik:
• 'n Opvanggebied werk soos 'n tregter wat al die water binne 'n area opvang en dit na 'n enkele punt voer.
Wisselvorm:
• opvangsgebied
Sinoniem:
• dreineringsgebied
• rivierbekken
• rivierkom
• stroomgebied
• vanggebied
• versamelgebied
Vertaling:
Engels: drainage basin, catchment basin
Nederlands: opvangsgebied
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|