inloop [boodskap #145960] |
Sun, 28 July 2024 08:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inloop
Afbreking: in•loop
Samestelling: in + loop
Werkwoord: loop in, inloop
Verlede tyd: het ingeloop
Betekenis:
• Om na die binnekant te loop.
• Om na die binnekant te vloei.
• Om van agter af in te haal.
• Om 'n afstand versigtig te voltooi tot alles reg werk.
• Om iemand te belieg en te bedrieg.
Gebruik:
• Sy loop in die huis in.
• Weet jy waar die rivier in die see inloop?
• Hy het die voorste loper ingeloop en verbygesteek.
• Die motor is nog nie eers ingeloop nie.
• Pasop dat die skelm jou nie inloop nie.
Sinoniem:
• binnegaan
• binnekom
• binneloop
• binnestap
• binnetree
• instap
• intrap
• instroom
• invloei
• inbrand
• bekonkel
• indoen
• kul
Antoniem:
• uitloop
Vertaling:
Engels: to walk in; to flow in; to overtake; to burn-in; to cheat
Nederlands: inlopen
Selfstandige naamwoord: inloop
Meervoud: inlope
Betekenis:
• Plek waar iets na binne loop of vloei.
Gebruik:
• Die inloop is verstop.
Afgelei:
• inloopplek
• inlooppyp
• inlooprivier
• inlooptyd
• inloopvoor
Vertaling:
Engels: inlet
Nederlands: inloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|