rapportering [boodskap #145953] |
Sat, 27 July 2024 16:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rapportering
Afbreking: rap•por•te•ring
Samestelling: rapporteer + -ing
Selfstandige naamwoord: rapportering
Meervoud: rapporteringe, rapporterings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van rapporteer (om 'n verslag/ rapport uit te bring).
Gebruik:
• Die rapportering van ongerymdhede kan ook anoniem geskied deur die hulplyn te bel.
Sinoniem:
• verslaggewing
• verslagdoening
Hiponiem:
• foutrapportering
• terugrapportering
Vertaling:
Engels: reporting
Nederlands: rapportage
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|