inbreuk [boodskap #145951] |
Sa, 27 Julie 2024 09:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inbreuk
Afbreking: in•breuk
Samestelling: in + breuk
Selfstandige naamwoord: inbreuk
Meervoud: –
Betekenis:
• Die skending of verbreking van iets (soos iemand se regte).
Gebruik:
• Jou gebrek aan beplanning maak inbreuk op my tyd.
Sinoniem:
• aantasting
• oorskryding
• oortreding
• skending
• verbreking
Afgelei:
• inbreukmaking
Vertaling:
Engels: infraction, infringement, violation
Nederlands: inbreuk
Nota:
• Moenie "inbreuk" met die werkwoord "inbreek" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|